Die liefde blom steeds 40 jaar later

“Ek onthou die troue soos gister”

’n Egpaar van Selection Park, Cathy (62) en Bossie Bosman (61), vier Sondag hul 40ste huweliksherdenking.
Die twee het mekaar op 18 September 1980 by die Springs Brandweer ontmoet.
Bossie is vandag nog ’n brandweerman en Cathy het destyds werk gedoen vir burgerlike beskerming.
Die liefde het sommer gou begin blom.

Also read: Liefde en omgee word waardeer

Dit het alles begin toe Bossie een aand gevra het wie saam met hom Coco Rico wou gaan drink.
“Ek kon myself net nie keer nie toe skreeu ek sommer ‘ek sal, al ken ek jou nie’,” het Cathy laggend vertel.
“Ons het gaan melk koop vir die Coco Rico en toe ons by die kar uitklim het Cathy my linker hand gegryp.
“Ek het afgekyk na haar hand en vir haar gesê: ‘die vrou wat my linkerhand vashou trou ek mee’”.
“Die Bosman’s is op op 28 Februarie 1981 getroud.
“Ek onthou die troue soos gister, daar was so mooi blou BMW en die oomblik toe sy by die paadjie afgekom het, is my mooiste herinnering van ons troudag,” vertel Bossie.

Bossie en Cathy Bosman is steeds so verlief op mekaar soos die dag wat hulle ontmoet het.

“Dit was ’n baie spesiale dag, my ma het my rok vir my gemaak. “Ek het ook ’n aantreklike, hardwerkende man gekry,” vertel Cathy trots.
Die twee lag lekker wanneer hulle terug dink aan hul huweliksdag en weer besef dat hulle nooit tydens die onthaal geëet het nie.
“Ons het so lekker gesels en gedans dat ons nooit by eet uit gekom nie. Na die onthaal was ons dood van die honger en het ons by The Swiss Tavern gaan eet.

Cathy en Bossie Bosman het ‘n lewensboek wat hul storie vertel van die dag wat hulle ontmoet het. Op die bladsy is inskrywings en aandenkings van hul troudag, onder andere die etiket van ‘n bottel sjampanje wat hulle gedrink het by die restaurant.

Die Bosman’s is geseënd met vier kinders, nege kleinkinders en ’n 10de een wat op pad is.
Bossie werk van 1980 af vir Springs Brandweer en het onlangs 40 jaar lidmaatskap by SAESI ontvang wat ’n platinum medalje is.

Also read: Vier ‘n liefdevolle Februarie

Cathy leef haar passie en gawe uit as onderwyseres by Selcourt Primary School.
Die egpaar se gunsteling tydverdryf is om saam rugby te kyk.
“Bossie is ’n Leeu ondersteuner en ek is ’n Stormers aanhanger. Wanneer ons spanne teen mekaar speel loop die spanning hoog maar andersins ondersteun ons ook mekaar se spanne,” sê Cathy.
Bossie vertel dat sy vrou heerlike kos maak en dat sy gunsteling gereg Cathy se hoender met mayonnaise en blatjang is.

Also read: Vier ‘n liefdevolle Februarie

“Niemand maak dit so lekker soos sy nie.”
Cathy noem dat daar wel swaar tye was.
“Maar deur die genade van die Here het ons oorleef. Daar is een geheim vir ’n gelukkige huwelik en dit is dat kommunikasie en geloof die fondasie moet wees. Waar jy saam bid, bly jy saam,” is Bossie se raad.

Follow us on our social media platforms:

Exit mobile version