Local newsNews

AfriForum se Springs-buurtwag hou sigbaarheidsprojek

Juwele, handgemaakte wapens, rotgif en dwelms is gevind.

Die AfriForum-buurtwag in Springs het onlangs in samewerking met die SAPD ’n sigbaarheidsprojek in die sentrale sakegebied van Springs uitgevoer.
Dié gebied is ’n geruime tyd lank ’n seeroog vir die publiek weens die vullis en haweloses wat in die verlate geboue slaap.

Also read: AfriForum’s East Rand branches donate hand sanitisers and cleaning agents

AfriForum se Springs-buurtwag, lede van die gemeenskap en die SAPD het aan die projek deelgeneem.
Juwele, handgemaakte wapens, rotgif en dwelms is gevind en een persoon is weens die besit van dwelms in hegtenis geneem.
“Ons hoop dat sulke projekte die gemeenskap sal aanspoor om die veiligheid van die dorp proaktief te help verseker.
“AfriForum sal voortgaan om ander probleemgebiede in die dorp met soortgelyke selfdoenaksies aan te pak,” het Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, gesê.

Also read: AfriForum cleans dumping site

“AfriForum se Springs-buurtwag wil tot ’n veiliger, skoner gemeenskap bydra.
“Ons doen daarom ’n beroep op inwoners om by ons plaaslike strukture betrokke te raak en te verseker dat ons meer suksesse bereik,” het Swart bygevoeg.

Follow us on our social media platforms:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button