Local newsNews

Knoffelslakke

Daar is niks so lekker as om ’n maklike klein voorgereg te geniet voor ’n Kersete nie.

Daar is niks so lekker as om ’n maklike klein voorgereg te geniet voor ’n Kersete nie.
Ek het nooit besef dat dit so maklik is om knoffelslakke te maak totdat ek op ’n baie eenvoudige resep af gekom het nie. Natuurlik het ek dit so effe aangepas en daarom heet dit “Susan se slakke”.
Bestanddele (bedien ses)
Twee blikkies slakke – spoel goed af
Een groot ui, fyn gesny
Twee teelepels hoogvol fyn knoffel
Een pakkie Royco swartpepersous
Een Lancewood (sauce delight) Cheese sauce
Twee eetlepels suurlemoensap
Hompe gerasperde kaas
Vars gemaalde swart peper
Een teelepel Tabasco sous
Metode
Braai die ui in botter tot sag en deurskynend, voeg knoffel by en braai bietjie.
Voeg die slakke by en braai vir drie minute.
Maak swartpepersous aan volgens die aanwysings op pakkie en gooi by slake.
Voeg Lancewood cheese sauce, suurlemoensap en Tabasco sous by en bring tot kookpunt.
Roer die kaas by.
Prut op baie lae hitte vir 15 tot 20 minute.
Voeg swartpeper by en roer.
Sout kan bygevoeg word, maar dit is opsioneel.
Bedien met bruinbrood of gesondheidsbrood in vingers gesny.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button