Swart se mediese toestand nie ’n beroete nie

Hy is egter na twee dae ontslaan.

Lefra Produksies se Frans Swart het onlangs ’n eienaardige mediese toestand ervaar wat dieselfde simptome as ’n beroerte getoon het.

Swart wil die Springs gemeenskap gerusstel dat die toestand nie ’n beroerte was nie.

Swart is onmiddelik in die intensiewe eenheid van die Netcare N17 Hospitaal opgeneem, waar dokters hom behandel het.

Hy is egter na twee dae ontslaan.

Na verdere toetse deur die internis, Dr Hans Roos, by die Waterfalls Hospitaal, en ’n volledige MRI-skandering is daar vasgestel dat Swart nie ’n beroerte of bloedklont deur die brein ervaar het nie.

Roos sê die toetse het duidelik aangedui dat die mediese toestand moontlik deur ’n vorige trauma veroorsaak kon wees en dat daar daardie spesifieke aand moontlik drukking op die brein kon gewees het.

Roos sê: “Ons het baie seker gemaak en kon baie duidelik sien dat Swart geen skade oorgehou het nie.”

Swart sê die enigste vorige trauma aan die kop waaraan hy kon dink, kon moontlik van ’n paar jaar gelede wees toe hy en sy gesin in ’n gewapende roof oorval was.

“Hulle het daardie aand my baie hard met hulle pistole se agterkante oor die kop geslaan,” sê Swart.

Swart is baie verlig oor hierdie uitslag.

“Alle eer gaan aan my Here,” sê Swart. “As mens in so ’n situasie is, besef jy maar net hoe klein is die mens.”

Hy wil ook graag al die mediese personeel van die N17 Hospitaal, sowel as die Waterfalls Hospitaal, bedank.

“Almal was so goed vir my.

“Dan wil ek ook graag vir doktors Van der Merwe, Matshana en Roos bedank vir hulle oorgawe aan my as pasient.

“Baie dankie ook aan my familie, personeel, vriende, die NG Kerk Springs-Oos, die vermaaklikheidsbedryf en gemeenskap wat my in die moeilike tyd gedra het.”

Swart is weer hard aan die werk by Lefra Produksies.

Follow us on our social media platforms:

Exit mobile version