Local newsNews

Afriforum moedig inwoners aan om waaksaam te wees

Obserweer jou omgewing as jy die parker area betree en as jy parkeer en as jy uitklim.

 

Met hoë gevalle van kapings, en motor- en huis inbrake in die Springs omgewing, vra AfriForum Springs inwoners om meer waaksaam te wees wanneer hulle in hul motor op pad is, in parkeerareas is, by verkeersligte stop en wanneer hulle by die huis aankom.

AfriForum sê inwoners moet die volgende advies volg:

Op die pad:

• Gebruik ’n Sateliet Navigasie Stelsel.

• Wees bewus van jou omgewing veral as jy verkeersligte of stoptekens stop.

• Los beweegruimte tussen jou en die voertuig voor jou as jy stop.

• Moenie waardevolle items op die sitplek los nie.

• Bly van jou selfoon af.

• Sluit jou voertuig se deure.

In parkeerareas:

 

Lees ook: AfriForum patrolleer Springs

• Bêre waardevolle items buite sig.

• Verken die parkeerarea wanneer jy parkeer en uitklim.

• Sluit jou voertuig en voel of die deure gesluit is.

• As jy jou voertuig nader vanuit die winkels, verken weer die omgewing.

• Moet geen hulp van vreemdelinge by ‘n ATM of in die parkeerarea aanvaar nie.

• Sit noodnommers op jou foon (SAPS, sekuriteitsmaatskappy en die nommer van jou kontakpersoon in geval van nood (ICE-nommer).

• Lees en wees bewus van misdaad by jou winkelsentrum.

Aankoms by huis:

• Probeer ’n hekmotor installeer.

• Wees bewus van alles in jou straat. Wat was daar toe jy gery het en wat is daar wanneer jy terugkeer.

• Kyk uit vir verdagte persone.

• Sit musiek sag of af as jy jou huis nader.

• Moenie jou foon gebruik nie.

• As daar verdagte voertuig of persoon naby jou huis is, ry eerder verby jou huis en na die naaste polisiestasie.

• Maak jou hek (met hekmotor) oop net voor jy by huis kom.

• As jy nie hekmotor het nie, sorg eerder dat iemand, soos ‘n passasier of familie-lid, die hek oopmaak. Probeer om nie uit die motor te klim nie.

• Los beweegruimte tussen jou en die hek. Moenie té na aan die hek parkeer nie.

• Wees altyd gereed om weg te ry as iets of iemand jou nader.

Also read: Afriforum finde large traces of bacteria in Springs water

Binne jou huis:

• Ken jou bure.

• Verminder wegkruipplek soos bosse en bome in en om jou erf.

• Hou jou honde voor in die erf.

• Maak seker jy het dokumente soos ID of werkspermit van jou werkers met ’n foto.

• Probeer om ’n veilige sone in jou huis te skep wat jy in die geval van nood kan sluit.

• As jy kuiergaste kry, kuier binne die erf en nie in straat nie.

• Maak seker jy het spaar noodligte wat werk en bruikbare kommunikasie te alle tye.

• Sluit aan by jou plaaslike buurtwag of gemeenskapveiligheidstruktuur.

• Sluit aan by dié eenhede se WhatsApp groepe.

• Oefen jou noodplan as ’n familie.

Afriforum Buurtwag bied die volgende aan lede:

• Veiligheidsopleiding.

• Toerusting.

• Nasionale radionetwerk.

• Regsbystand.

• Stuur WhatsApp na 062 636 2233 of stuur e-pos aan Springs.afriforum@gmail.com vir meer inligting.

Follow us on our social media platforms:

Twitter
Instagram
Facebook

Related Articles

Back to top button