Local newsNews

AfriForum patrolleer met SAPD om kriminele elemente van strate af the hou

Altesaam het die 152 patrolleerders met 74 motors, 1 750km gepatrolleer en het by een voorval van huishoudelike geweld gehelp en ook by een motorongeluk bygestaan.

AfriForum het op 9 Maart ’n massapatrollie in samewerking met die SAPD en ander veiligheidstakke uitgevoer.

Hierdie tipe patrollies word vier keer per jaar regoor Suid-Afrika gedoen.

Die patrollie het van 6nm tot 2am op Saterdag geduur.

Cornel Swart werk al vyf jaar vir AfriForum en is die takvoorsitter van AfriForum in Springs.

Die CPF sit forums van Selpark, Geduld, Pietersfeld, Bakerton, en Clidesdale saam met die Phagella groep. ProSafe en Pro en Secure vorm deel van die struktuur van die patrollie.

ALSO READ:

Former police officer sentenced to life in prison

“Die patrollie dien as oë en ore vir die SAPD om die kriminele elemente in die buurt uit te hou,” sê Swart.

Swart sê AfriForum se inisiatief is om samewerking tussen al die veligheidsstrukture in die gemeenskap vir ’n veiliger Springs te skep.

Altesaam het die 152 patrolleerders met 74 motors, 1 750km gepatrolleer en het by een voorval van huishoudelike geweld gehelp en ook by een motorongeluk bygestaan.

Related Articles

Back to top button
X

.