Local newsNews

KYK: Springs staan saam teen plaasmoorde (video)

Soos die son sak in die laatmiddag oor Springs, het talle lede van die gemeenskap Maandagaand bymekaargekom in Vierde Laan, Geduld ter ondersteuning van ‘Black Monday’.

Ettienne Fourie van Rauch Wildlife is een van die organiseerders van die byeenkoms en vertel dat mense moet saamstaan in ’n tyd van nood.

Talle lede van die gemeenskap het Maandagaand bymekaargekom om die protesaksie van ‘Black Monday’ te ondersteun.

Talle mense het 5.45nm begin opdaag met vele meer wat deur die loop van die byeenkoms aangesluit het.

Stoffel van Heerden, voorsitter van die Springs Noord CPF het begin praat oor die hoeveelheid geweld wat deesdae in die boere gemeenskap plaasvind.

“Die geweld en plaasmoorde wat ons orals ondervind moet tot ’n einde kom.”

Hy vertel van ’n voorval wat Maandag plaasgevind het waar beweer is dat ’n vragmotor deur protesaksie gejaag het en talle mense beseer is.

Van Heerden het die gemeenskap gevra wie van hulle weet hoe dit voel om te moet smeek vir jou lewe.

Hy het oopgemaak en vertel van sy eie traumatiese ondervinding met ’n gewapende rooftog.

“Ek hoor nog hoe een van hulle die geweer agter my kop oorhaal.

“Dis vrees wat niemand ooit moet beleef nie.

“Die boerevolk word uitgemoor en daar moet drastiese aksie geneem word.”

Marie Buchner van die ‘Dersley Community Association’ sê sy was diep geraak toe Pastoor Willie Hattingh na vore kom.

“Hy het ’n goeie, kragtige boodskap gelewer wat ons almal diep geraak het,” sê sy.

Pastoor Willie het almal gevra om te kniel terwyl hy ’n gebed doen.

Van Heerden het daarna weer na vore gekom.

“Hoe voel ’n boer as hy vanaand huis toe moet gaan na sy familie en nie weet wanneer iets gaan gebeur nie?

“Hoe moet dit voel om te sit en wonder, ‘wanneer is dit my beurt’?”

Dean Stone het ook die byeenkoms bygewoon en het vertel dat hy daar is in sy eie hoedanigheid is.

Soos die son sak, kniel lede van die Springs gemeenskap ter ondersteuning van ‘Black Monday’ om plaasmoorde te stop.

“Dit gaan nie oor politiek nie. Ek is hier om saam te staan en hierdie ding te beveg.

“Dit is nie net die moord wat my pla nie, maar die geweld agter dit. Dit is nie meer eenvoudig net moord nie, maar geweldadige moorde.

“Dit moet end kry.”

Related Articles

Back to top button