Local newsNews

Springs jeug rugby wys hul staal

Junior rugby kan hul man staan.

Die Springs Jeug rugbyklub het Saterdag teen verskeie spanne by die Elsburg rugbyklub gespeel.

Afrigter William de Jongh sê die die klub het hierdie jaar baie nuwe spelers veral onder die laerskool kinders.

Die o-9 spanne Springs 1-span het teen Benoni 0-28 verloor terwyl hulle ook teen Boksburg 1-span met ‘n puntetelling van 0-17 verloor het.

Springs 2-span het teen die Uile-span, ook van Springs, 2-41 verloor.

Springs o-10 span het teen Boksburg 0-7 verloor.

Die 0-11 span het met ‘n wegloop oorwinning van 42-0 teen Boksburg gewen terwyl die Springs 2 o-11 span met 19-12 hul Kempton Park teenstanders gewen het.

De Jongh sê die o-12 span het met 15 punte teen Boksburg gewen. Die telling was 20-5.

Springs o-13 span wen met 29-12 teen Brakpan terwyl die twee o-14 spanne ook albei hulle wedstryde gewen het.

Springs wen Vereeniging 48-0 en ook Suikerbosrand 34-0.

Die Springs o-15 span het teen die Bobbies met ‘n telling van 37-0 gewen.

Vereeniging verloor hul wedstryd teen die o-18 Springs span met ‘n 6-35 telling.

De Jongh sê dit is wonderlik dat ouers hul kinders bring om meer van die sport te leer.

“Ons het afrigters wat vrywillig hul kennis en ervaring met die kinders deel en dit sonder betaling.

“Baie dankie vir elkeen se ondersteuning,” sê hy.

Die spanne speel Saterdag teen Vereeniging.

2 September is dit die klubrugby-dag wat op hul tuisvelde gaan plaasvind.

“Hierdie naweek speel ons in Vereeniging en ons eie klubdag is op 2 September 2017.” vertel De Jongh.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button