Mundolene saak: Stiefma steeds in aanhouding

Marietjie Vosloo staan gereg op 'n klagte van aanranding sonder die doel om moord te pleeg.

Die saak teen Marietjie Vosloo, stiefma van Mundolene Vosloo, is steeds aan die gang en is na 20 Julie uitgestel.

Sy het Woensdag in die Bambous-landrosshof, Mauritius, in verband met die dood van haar stiefdogter in 2016, Mundolene Vosloo (17), verskyn.

Mundolene was in ‘n onderonsie met haar stiefma, Marietjie, terwyl hulle op vakansie was in Mauritius en is op 5 Oktober dood verklaar.

Volgens ’n artikel op Huisgenoot se webstuiste is die aanklag van moord laat vaar en met ’n klag van aanranding sonder die doel om moord te pleeg, vervang.

Marietjie is ook glo borg geweier met haar verskyning in die hof omdat, volgens die artikel wat Inspekteur Shiva Coothen aanhaal, sy nie ’n vaste adres op die eiland het nie en “sy ook nie geld het nie”.

In ’n boodskap aan Mundolene se pa, Mike Vosloo, het die Springs Advertiser gevra of hy die inligting kan bevestig, maar hy het verkies om geen kommentaar te lewer en het gesê: “Ek kan niks meer vertel van wat julle alreeds weet nie.”

Mundolene was ’n leerder van Hoërskool Hugenote en was dood by die Hotel Riu, Le Morne Peninsula, Suid-Wes van Mauritius gevind na sy klaarblyklik deur haar stiefma geklap is.

Marietjie en Mundolene was in ’n argument betrokke toe die paar die hotel binnegaan, waar Mundolene inmekaar gesak het.

Lees meer: EXPERT OPINION: Criminal law in a murder case: Mauritius vs SA

Connect with us:

Do you have an interesting newsworthy story? Contact the newsroom on 011 812 4800 or send an email to Samantha Keogh (editor) samk@caxton.co.za, Izahn Krige (digital journalist) izahnv@caxton.co.za or Anna Robertson (journalist) annar@caxton.co.za

For the latest breaking news in your community, follow us on Twitter @SpringsNews and like our Facebook page.

For news straight to your phone and daily weather updates, invite Springs Advertiser on WhatsApp by sending a message with your name and surname to 079 408 9334.

To see what we get up to in the newsroom and in town, follow us on Instagram at springs_addie

Exit mobile version