Local newsNews

Rooi Tou-span voorsien minderbevoorregte kinders van Kersgeskenke

Die Rooi Tou dames het Donderdag 37 Kersgeskenk pakkies oorhandig aan die Springs polisie.

Die geleentheid, wat by die kerk plaasgevind het, is bygewoon deur Amanda Greybe en Yolanda Cothill, van Springs polisie se Social Crime Prevention eenheid.

Lees: Christmas Drive for underprivileged children

Annetjie Senekal, wie die Rooi Tou dames verteenwoordig het, sĂŞ dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die Rooi Tou-span aan die polisie geskenkpakke oorhandig.

Sy vertel met trots dat hul span die kerk se barmhartigheid en evangelisasie span is wat uitreik na minderbevoorregte mense en dat hul ingestel is op ‘raak betrokke’.

“Om kinderharte te verbly wat andersins nie eers ‘n Kersgeskenk sou ontvang nie, is van onskatbare belang.

“Hierdie kinders verdien dit om elkeen iets spesiaal, in hul verskeie ouderdomsgroepe, te ontvang,” sĂŞ sy.

Lees: SAPS launch outreach programme for underprivileged children

Amanda en Yolanda is innig dankbaar vir hierdie geskenke wat hulle dan later Donderdag begin uitdeel het aan kinders wat tans in plekke van veilige bewaring woon.

“Ons kan nie genoeg dankie sĂŞ vir hierdie geskenke nie en weet sommer dat dit die harte van hierdie kinders ongelooflik sal verbly,” sĂŞ sy.

Die kerk het ook bekers en kolwyntjies by Geduld Epilepsie gaan uitdeel verlede week, sowel as lekkergoed pakkies vir elke pasiënt en personeellid by die Verre Oosrand Hospitaal.

Related Articles

Back to top button