Kunstenaarsbesoek insiggewend vir Carpe Diem-tak

Anna Gous was die gasspreker by die VLU Carpe Diem-tak se Novembermaand byeenkoms wat Woensdag by die Rus ’n Bietjie-saal gehou is.

Anna, wat in Dal Fouche woon, is ’n kunstenares wat haar liefde vir kuns met die vroue van die middag-tak gedeel het.

Sy het verduidelik dat elkeen se verwysingsraamwerk verskil wat veroorsaak dat ons almal verskillend na kunswerke en die betekenis daarvan kyk.

Lees: VLU club’s diamond celebration

“Sommige mense sal ’n sonsondergang-skildery bewonder, terwyl iemand anders onaangename herinneringe daaraan sal koppel,” sê sy.

Anna het haar kunsbedrywighede verbreek vir ’n tydperk van 10 jaar toe sy eers lid was van die Springs stadsraad en in haar tweede termyn as wykraadslid van Springs op die Ekurhuleni Metroraad gedien het.

Kuns was nog altyd haar passie en deesdae fokus sy hoofsaaklik op individu en groeps-portrette in olieverf.

Die VLU vroue het omtrent Anna se vertellinge en verduidelikings van elke skildery geniet.

“Elkeen van ons skep kuns in dit wat ons doen, dié wat kook, tuisteskeppers, skrywers en beelhouers is, is almal die skepper van ’n kunswerk,” sê Anna.

Lees: VLU vroue spog met pryse

Tak-voorsitter Christa van der Westhuizen en haar mede VLU vroue het Anna se kuns baie interessant gevind.

Christa vertel dat almal nou met nuwe oë na kunswerke kan kyk.

“Anna se verduideliking van elke kunswerk en hoe die skilder dit uitbeeld sowel as die betekenis van die skildery en waar die naam sy oorsprong vandaan kry, is baie insiggewend,” sê Christa.

Vir elke VLU vrou was die midddag baie leersaam.

Na afloop van Anna se aanbieding is die maandelikse wenners aangedui in die verskillende kategorieë.

Louise Oosthuizen het weggestap met 88% vir haar blomme.

Kort op haar hakke was Ena Olivier met 86% in die gebottelde kategorie en 84% in die lekkers-afdeling.

Joyce Enslin het in die ope-afdeling 84% gekry en Marsha Horn het in die herwinningskategorie ook 84% behaal sowel as 82% in kunsvlyt.

Bettie Bezuidenhout het ’n trotse 83% behaal in gebak terwyl Tharina Pieterse 78% behaal het vir haar kleurpotlood skets.

Exit mobile version