Local newsNews

’n Bydrae tot ’n beter lewe

Die VLU Carpe Diem-oggendtak het Woensdag weer heerlik saamgekuier by die Rus ’n Bietjie Tehuis vir Bejaardes.

Naomi McGhee was die sameroepster vir die middag en Lindie Fourie het die vroue toegespreek oor ‘Jou bydrae tot ’n beter lewe’.

Lindie het die vroue vir ’n kort tydjie doodstil gehad terwyl almal vergeet het van alles om hulle.

“Ons het gehoor hoe elkeen van ons se klein bydrae ’n groot verskil kan maak,” sê Naomi.

Deur haar motiveringspraatjie vertel Lindie dat mense dink hulle maak geen verskil in die lewe nie, maar dat selfs ’n enkele muskiet ’n verskil kan maak in ’n toe kamer.

“Bydraes hoef nie groot te wees nie, maar as ’n span kan dit ’n noemenswaardige verskil maak,” sê Naomi.

Lees: VLU club’s diamond celebration

Lindie moedig die oggendtak lede grappenderwys aan om hul kinders te leer om ’n knoop aan te werk en ’n soom in te sit, want die kinders word dalk eendag “vrywillig verplig” om met ’n broek skool toe te gaan wat se soom gekram is.

Die middag bedrywighede was afgesluit met ’n aanhaling van Moeder Teresa wat gesê het sy kan nie ’n verskil aan 100 mense se situasie maak nie, maar wel aan een persoon.

Lees: VLU vroue spog met pryse

Ingestuur deur Ericha Bezuidenhout, Carpe Diem-tak skakelpersoon.

Related Articles

Back to top button