Local newsNews

Leonie en Hugie-leerlinge reik uit na bejaardes

Leonie Cronjé, Lady Gracious SA finalis, en ’n paar leerlinge aan Hoërskool Hugenote het Vrydag die inwoners van Rus ’n Bietjie Tehuis vir Bejaardes besoek.

“Dit is ’n voorreg om te weet dat ons land se jeug nog vir bejaarde persone omgee,” sê Leonie.

Alhoewel hierdie besoek deel was van Leonie se gemeenskapsuitreik, is sy vergesel deur leerlinge wat ’n passie het vir bejaardes.

“Die oomblik was te groot vir sommige van die inwoners en ek kon die trane van opregte waardering oor sommige se wange sien loop,” sê sy.

Die leerlinge het ook vir die bejaardes lekkers uitgedeel en tyd saam met van die ander inwoners spandeer, terwyl Daan van Greunen (90)) die kinders behoorlik laat skater het met al sy sê-goed en streke.

Lees: Gracious Leonie

Volgens Leonie het die span die middag so baie geniet dat hulle ingestem het om saam met haar te werk aan ’n Kersete-funksie vir ’n skool vir leerlinge met spesiale behoeftes.

“Ons beplan om lekkergoedpakkies op te maak en vir elke leerling ’n armbandjie te maak,” sê Leonie.

Leerlinge wat saam gekuier het is Waldo Krige, Lin-Mari White, Zenobia Cordier, Ethan Roets, Tanya Roets, Amored Meyburgh en Karen Koekemoer, ’n onderwyseres.

Die publiek kan tot en met 31 Oktober vir Leonie stem op haar Facebook-blad Lady-Gracious South Africa 2016 Finalist-Leonie Cronjé.

Lees: Passionate moment for Leonie

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button