Local newsNews

Genotvolle Fonteine Springs Fees

Vanjaar se Fonteine Springs Fees was 'n hoogtepunt in menige Springs inwoner se lewe.

Die fees was by Dr Johan Jurgens se sportgronde gehou, vanaf Donderdag tot Saterdag.

Volgens een van die organiseerders, Katrien Prinsloo, was die hooftent Donderdagaand gepak met 600 gaste.

Dié gaste het die ‘n kuieraand gehad saam met bekende komediant Andries Vermeulen en die Dorsland Dansorkes gehad.

Saterdag was ‘n bedrywige dag, met hope vermaak vir veral die kinders, terwyl die res van die mense die verskeie vlooimark- en kosstalletjies kon besigtig.

Die South African National Blood Services was ook aan boord, waar mense meer kon uitvind oor bloedskenking.

Terrance Pillay, van die SANBS, sê hulle het Vrydag 18 eenhede bloed en Saterdag 36 eenhede ontvang.

Ollie die Nar was glo Saterdag die hoogtepunt van die dag.

Leerlinge van verskillende laer- en hoërskole het hul verhoogkennis kom deel, met sang en voordrag tot groot vermaak van die ouers en ander gaste.

Tydens die geleentheid was daar ook ‘n skattejag trekking, met wonderlike pryse.

Fanie Steyn het weggestap met die eerste prys, wat ‘n vakansie in Mozambiek is, terwyl Abram Lochner ‘n slagskaap as tweede prys ontvang het.

Dawid Hepburn het die derde prys, wat ‘n helikopter rit behels, losgeslaan.

Daar was ook heelwat vermaaklikheid vir die energieke besoekers.

Hulle kon kies tussen die hokkie, ringbal en krieket toernooie wat plaasgevind het.

Met vele belangstelling het die mense saamgedrom om die EMPD K9 honde-eenheid vertoning van naderby te sien.

Van die dames van die kerk was oral te sien in wit T-hemde, wat kindersorg verteenwoordig het.

Predikantsvrou Adele Roets sê hulle is by baie projekte betrokke in die gemeenskap, maar van die fondse is ten bate van kindersorg.

Die fees is Saterdagaand behoorlik afgesluit met musiek, waarvoor die Draadloos Live Boereorkes, Jason Bradley en Elsé, SA country sangeres, en Ricus Nel en sy vrou, Liza Bronner, gesorg het.

Related Articles

Back to top button