NewsSchools

Leerlinge hou Springs se naam hoog

Verskeie Springs laer- en hoërskole het onlangs deelgeneem aan die digkompetisie met die tema 'Sterkte in Diversiteit'.

Veerpen Uitgewers in samewerking met die ATKV, het onlangs hierdie digkompetisie van stapel gestuur.

Hoërskoolleerlinge kon gedigte instuur, terwyl laerskoolleerlinge die geleentheid gehad het om ’n voorblad te ontwerp.

Drie leerlinge van Springs Girls’ High School se gedigte verskyn in die bundel, Aluta Continua, wat op Jeugdag in Heidelberg bekendgestel word.

Gontshe Nyakale se gedig A nation worth looking forward to en Tebogo Masetlana se gedig United the jungle stands, sowel as Elizabeth Burns se Why Canvas en Beautiful People is ook in die bundel opgeneem.

“Baie inskrywings vir die voorblad is ontvang,” sê Magdalie Grobler van die ATKV.

Janika Pretorius van Laerskool Jan van Riebeeck se wen-ontwerp gaan as die voorblad gebruik word.

Magdalie bedank elke leerling vir die instuur van hul tekeninge.

Daar sal ook ’n collage gemaak word van tekeninge wat op die agterblad geplaas gaan word.

Mieke Grobler en Johnny Lochner van Laerskool Selectionpark se tekeninge verskyn op die agterblad.

Die volgende leerlinge van Laerskool Jan van Riebeeck se tekeninge verskyn ook op die agterblad: Anja Roets, Jana Roets, Juane Hendrik Breitenbach, Migael Rademan, Juané Jacobs, Juan Neuhoff, Carla Fourie en Chantelle Brits.

Related Articles

Back to top button