Local newsNews

Kinderdag by Rugbyklub

Sanette Joubert en Daleen Botha beplan die laaste bymekaarkom geleentheid wat Woensdag om 10vm, by die Springs Rugbyklub gaan plaasvind.

Net toe die twee dames dink hulle liefdadigheidswerk vir 2015 is klaar, ontvang hulle nog donasies.

“Die plan is om hierdie donasies te gebruik vir ‘n kinderdag wat beplan word vir Woensdag,” sê Sanette.

Dié dinamiese duo sal weereens bedrywig wees deur minder bevoorregte kinders te bederf met kos, lekkernye en geskenke.

Pastoor Kobus Blomerus van die Global Family Church in Selection Park het gesorg vir lekkergoed pakke wat ook aan elke kind uitgedeel gaan word.

“Nou het Springs inwoner Robert Hawley ook aan boord gekom wat ‘n dag vol verrassings beloof,” sê Sanette.

Robert het besluit om boereworsrolle aan die kinders te voorsien saam met stokkie roomyse vir nagereg.

“Ons sal voorsiening maak om so 500 kinders te bedien met al die lekkernye,” sê Robert.

Natuurlik is ‘n kinderdag nie dieselfde sonder ‘n springkasteel nie. Robert voel ‘n springkasteel dra altyd by vir vermaak vir die kleiner kinders.

“Ons beloof dat dit ‘n dag vol pret sal wees,” sê hy.

Related Articles

Back to top button