Local newsNews

Raai raai riepa

Senior burgers van Eastvale is Dinsdagoggend bederf met musiek vermaak ter afsluiting van die jaar.

Die Jesus is Lig Kerk het hul saal beskikbaar gestel vir hierdie geleentheid.

Sowat 32 mense is in groepe van vier ingedeel terwyl hulle na musiek luister en die sanger en titel van die liedere moes raai.

Die gasheer, Schalk Nolte, en sy vrou, Marianne, is genooi om hierdie geleentheid aan te bied, tot groot vermaak van die deelnemers.

Groep vyf en ses het ywerig deelgeneem en die kompetisie tussen hulle was straf, maar dit was ‘n kwessie van wie se vinger die vinnigste die knoppie kon druk.

San van Wyk van Jesus Outreach, was deel van groep vyf en sê dit was baie lekker om weer musiek van die 50s en 60s te hoor.

Miempie van der Merwe van groep ses se flink vingers het die Noot vir Noot kompetisie vir groep ses beklink.

Alhoewel daar geen pryse was vir die wenspan nie, het elkeen dit vreeslik geniet.

Pastoor Ben Loubser het ook deelgeneem en kon skaars sy opgewondenheid beteul toe hy die musiek van toeka se dae hoor.

“Die lewe is lekker en dit is nie nodig om die rustige musiek van ouds te begrawe nie, dit is tog deel van ons verlede,” sê hy.

Ben glo te veel mense koppel sonde aan alles.

Wanneer mens ouer word, beweeg jy nader aan Christus daarom voel hy om na die musiek te luister en jou voete te tik op die maat van die ‘golden oldies’ kan geen sonde inhou nie.

Almal wat deelgeneem het, het ook ‘n heerlike ete geniet met nagereg.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button