Gesinne ontvang kruideniersware

Geduld families het oudergewoonte elk ’n emmer kruideniersware ontvang tydens Projek Uitkoms se afsluiting, wat Saterdag gehou is.

Marsha Horn wat aan die stuur van Projek Uitkoms is, sê dit is belangrik om vir hierdie gesinne kruideniersware te gee.

“Daarom skenk ons iets wat ‘n verskil kan maak in die kinders se lewens gedurende die skool vakansie, en dit is kos,” sê sy.

Vir die afgelope 12 jaar maak Marsha seker dat sy na die kinders, wat deel is van haar projek, omsien deur hulle op ‘n weeklikse basis van kos te voorsien.

Sy sê sonder die hulp van die Rotary Klub van Springs Park en Strubenvale Pick n Pay, sowel as die ander donateurs sal dit nie moontlik wees nie.

“Ons is so dankbaar dat die Rotary Klub ons altyd ondersteun en dat Tanya en Wouter die kruideniers emmers kom aflewer het,” sê sy.

Die Rotary lede het ook sjampoe en stort-gel geskenk wat hulle tydens verlede naweek se Toy Run ontvang het.

Josh sê dat elke donasie help en dat dit ‘n voorreg is om ‘n bydrae en ‘n verskil te maak.

Exit mobile version