Local newsNews

Geduld inwoners word bederf

Die Sewende Dag se Adventiste Kerk Petersfield het Saterdag 'n groot groep Geduld inwoners bederf in Butler Park.

Lidmate van dié kerk het hande gevat en vir sowat 570 inwoners en kinders kos en klere uitgedeel.

Freddie Swart het aan die Addie verduidelik dat hulle ook 300 Bybels uitgedeel het sowel as kospakkies.

“Die sowat 152 kinders het ook Bybels ontvang,” sê hy.

Daar was ook voorsiening gemaak vir kos vir troeteldiere en kat en honde pille is ook uitgedeel.

Lorraine Koen (58) van Rusoord is baie dankbaar dat die Here die mense op hul pad geplaas het.

Vir Yolanda Brits (45) en Eugene Brits (51) is dit wat die kerkmense vir die gemeenskap doen ‘n wonderlike ding.

“Hulle bederf en help ons baie daarom waardeer ons dit,” sê Eugene.

Elke kind is ook huis toe met ‘n Kersgeskenk.

Die kerk voorsien die inwoners van kos elke Donderdag by die park.

Related Articles

Back to top button