NewsSchools

JJ skoolhoof sê vaarwel

Danie van Wyk (63), Hoërskool Dr Johan Jurgens se hoof, tree na 15 jaar se diens by die skool af.

Hy sê daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan, en dat dit nou sy tyd is om te gaan.

Voorlopig gaan hy aftree by sy huis in Boksburg, waar hy beoog om homself besig te hou met hout- en loodglaswerk.

“Die plan is ook om meer tyd saam met my twee kleinkinders, Carel Jacobs ‘CJ’ (3) en Luke Annandale (1), te spandeer,” sê Danie.

Dan wil hy ook nog die land verken, plekke besoek en dinge doen waarvoor hy nooit tyd gehad het nie.

Danie is gebore en het in Potchefstroom groot geword waar hy na matriek by die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit het.

Na sy weermag opleiding en vele offisiers kursusse, wat hom tot op majoor-vlak gebring het, het hy besluit om sy Hoër Onderwys Diploma (HOD) by die Noordwes Universiteit te voltooi met wiskunde, fisika en bedryfskennis as hoofvakke.

“My eerste onderwyspos was by Hoërskool Carltonville in 1977,” sê Danie.

Terwyl hy onderwys gegee het, het hy ook deeltyds aan die Vaaldriehoek kampus van die Noordwes Universiteit sy BA graad voltooi.

Danie ontmoet die liefde van sy lewe, sy vrou Tiena (60), en trou met haar in 1980.

“Ons het twee pragtige kinders Neil van Wyk (32) en Tiani Annandale (31), vir wie ek baie lief is,” sê Danie.

In 1984 word hy as departmentshoof opvoedkundige leiding aangestel by Hoër Tegniese Skool Elspark waar hy vir 10 jaar werksaam was, voor hy in 1994 die adjunkhoof pos by Hoërskool Dr Johan Jurgens aanvaar het.

Vyf jaar later, in 1999, neem hy waar as hoof en word in 2000 dan as hoof van die skool aangestel.

Hy sê dit was 22 wonderlike jare by die skool.

Gedurende sy onderwys loopbaan het hy besef om nie na die raar van sy vrese te luister nie. “Never surrender your dreams to noisy negatives,” sê hy.

Danie voel dat die jeug geleer moet word om toekomskeppend te wees, sodat die skool vir hulle sin maak en hulle hul skooljare kan geniet.

“In die moderne tyd is tegnologie ‘n aanslag op die jeug wat bestuur moet word,” sê hy.

“Woorde van onderwysers is saadjies wat in leerlinge se lewens geplant word.”

Danie gaan die ongelooflike personeelkorps van die skool geweldig baie mis en hy hoop die nuwe hoof, wat nog aangestel moet word, sal hulle waardeer.

Hy groet met die woorde: “Die sterkste aksie wat jy in enige situasie kan en moet neem, is om op jou knieë te gaan en vir God te vra vir hulp”.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button