Egpaar vier 61ste herdenking

Pieter 'Vollie' van Vollenhoven (89) en Maizie van Vollenhoven (80) het hul 61ste huweliksherdenking op Vrydag, 4 Desember, gevier.

Maizie vertel dat sy vir Vollie ontmoet het terwyl sy ’n verpleegster was in Heidelberg.

“Ek het sy oorlede pa, Hans van Vollenhoven, verpleeg,” sê sy.

Sy vertel tong in die kies, dat hy glo skrikkerig was vir meisies daai jare, maar sy pa het gretig Vollie se dienste aangebied as sy iets gedoen wou hê.

Maizie onthou hoe hulle die saal by die hospitaal opgemaak het vir ‘n funksie waar Vollie kom hand bysit het.

“Jou pot se deksel kom wanneer hy moet,” sê sy.

Die jare het ook maar hul op- en afdraandes gebied, maar die Van Vollenhoven egpaar het mekaar deur dik en dun bygestaan.

Uit hul huwelik is daar vier kinders gebore, Maritha de Beer (60), Johan van Vollenhoven (58), Dirieka van Vollenhoven wat in 2005 aan kanker oorlede is, en hul jongste, Willie van Vollenhoven (54).

Maizie sê hulle het nege kleinkinders en vyf agterkleinkinders vir wie hulle baie lief is.

Die Dersley egpaar het in 1984 na Springs verhuis en woon nogsteeds in dieselfde woonbuurt.

Hul 60ste huweliksherdenking vieringe het skipbreuk gelei verlede jaar nadat Maizie onverwags in die hospital opgeneem is met nierversaking.

“Dit was ‘n moeilike tyd vir almal, maar die Here het my genees en daarom het almal verlede naweek byeengekom om ons 61ste herdenking te vier,” sê Maizie.

Die raad wat Maizie aan jong getroude paartjies will gee is om niks net 50/50 te gee of te doen nie, maar eerder 100% te gee.

“Deur donker tye moet elkeen daaraan werk om van die huwelik ‘n sukses te maak,” getuig Maizie.

Vollie glo dat wedersydse kommunikasie uiters belangrik is, maar ook geloof.

Die Van Vollenhoven egpaar glo eenparig dat die Here sy helder lig in enige donker tyd sal laat skyn.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Exit mobile version