Local newsNews

Esda vier vroeë Kersfees

Esda se verswaktesorg eenheid inwoners het Donderdag 'n Kersfeesmaal saam met die res van die aftree oord se inwoners geniet.

Die tema van die ete was ‘Los dit by Jesus se voete’.

Petro Burr-Dixon, administrateur van Esda, en haar helpers het gesorg dat elke persoon ‘n wit klippie ontvang het wat Christus as die inwoners se rots simboliseer.

Die geleentheid is met ‘n tafelgebed en skrif voorlesing geopen deur Deon Jansen van Rensburg van die Sewende Dag se Adventiste Kerk.

Petro het ‘n simboliese ou stoel, ‘n oop Bybel en sandale as voorstelling van by Jesus se voete gebruik.

“Die inwoners het ‘n keuse gehad om hul klip, wat dankbaarheid, hartseer of vreugde voorstel, by die sandale neer te sit of te hou,” sê Petro.

‘n Feestelike driegangmaal is voorberei en selfs die verswakte inwoners kon deel hê aan die feesmaal.

Om die inwoners te vermaak het die gaskunstenaar Yoti Loizos, beter bekend as die Griekse boertjie, vele bekende Griekse liedere vertaal in Engels gesing.

Daar is vele maniere om te sê ‘ek is lief vir jou’, maar in Grieks is dit sagapo, wat al die inwoners met genot herhaal het.

Na afloop van die verrigtinge het elke inwoner ook ‘n geskenkie ontvang.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button