Helpende hand aan behoeftiges

Sedert 2014 steek Hannes (67) en Gerda (65) Viljoen hul hande diep in eie boesem om ‘n verskil te maak in die lewe van minder bevoorregte kinders tussen die ouderdom van vier en 14 jaar.

Met vele donateurs aan boord, het hulle Saterdag sowat 60 kinders gevoed en aan hulle Kersgeskenke uitgedeel.

Solidariteit Helpende Hand het ‘n bydrae gemaak sowel as Springs besigheids eienaars, Bob en Jackie Gillies.

Hannes sê die hoërskool kinders wat nie op die dag teenwoordig was nie, sal later vandeesweek hul Kersgeskenke ontvang en dat hy en Gerda dit persoonlik sal aflewer.

Daar was 20 kinders van Geduld wat deel was van die verrigtinge en wat bederf is met geskenkpakke, eetgoed en Kersgeskenke.

“Sonder die borge se hulp sal dit net nie moontlik wees om hierdie kinders te bederf nie,” sê Hannes.

Hierdie Casseldale egpaar het om 10vm by die Kingsway Klub in Brakpan aangekom om die sowat 60 kinders te voed met broodrolle, verrassingspakkies, kolwyntjies en roomys.

Hulle het vir Nick Goosen van Brakpan ingespan om as Kersvader op te tree deur agter op ‘n bakkie te sit saam met van die geskenke.

Hannes sê die kinders was in ekstase toe hulle Kersvader en die geskenke gesien het.

“Sekere van hierdie kinders het nog nooit in hulle lewe ‘n geskenk ontvang nie,” sê Hannes.

Voordat die verrigtinge verby was, het elke kind ook ‘n gekookte bord kos ontvang voor die Kerspartytjie verdaag het.

Connect with us:
Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Exit mobile version