Local newsNews

Onderwys is die beroep om in te wees

"Onderwysers is die sleutel tot ons land se sukses."

So vertel Werner Prinsloo, adjunkhoof by Hoërskool Dr Johan Jurgens.

“‘n Onderwyser is ‘n persoon wat ‘n passie en liefde vir kinders en onderrig het, om die potensiaal in ander raak te sien en ook as individu in ‘n groep te kan saamwerk.”

Om ‘n voet in die deur te sit vir hierdie loopbaan, verg drie jaar se voorgraadse onderwysstudie by ‘n universiteit.

“Daar is twee maniere wat jy kan leer vir onderwys,” sê Werner, “die eerste is om natuurlik voltyds te swot by ‘n universiteit of ‘on the job training’ te doen soos ons dit noem.” Dit is wanneer ‘n student by ‘n skool werk terwyl hulle deur Unisa hul onderwys kursus voltooi.

Universiteite se toelatingsvereistes vir dié studierigting vereis ‘n goeie begrip van die eerste en tweede taal, bv. Afrikaans en Engels, asook wiskunde. Die drie jaar kursus bevat al die nodige vakke, maar studente kan spesifieke vakke in hul derde jaar kies waarin hulle spesialiseer.

Werner vertel dat hoe verder mens leer, hoe beter die bevorderings opsies in die toekoms is.

“‘n Onderwyser moet baie empatie kan toon vir kinders en hulle ook verstaan.”

Hy verduidelik ook dat ‘n onderwyser dissipline moet handhaaf op die regte manier.

“Dit is ‘n baie gelukkige balans van akademie en sport, omdat onderwysers ook by buitemuurse aktiwiteite betrokke is.

Vir Werner is een van die bevredigendste dele van onderwys om die verskil in kinders te sien, hoe hulle ontwikkel en die wete dat jy as onderwyser ‘n deel daarin gehad het.

Related Articles

Back to top button