Local newsNews

Eeu vieringe vir Nellie

Nellie Graaff, 'n Petersfield Uitbreiding inwoner, het Sondag haar 100ste verjaarsdag gevier.

Om haar verjaardag spesiaal te maak het haar familie Saterdag vir haar by Little Paradise in Petersfield ‘n verrassingspartytjie gehou.

Nellie se lewe vandat sy haar eerste asem geblaas het in 1915, is uitgebeeld met ‘n geraamde foto uitstalling.

Haar kleinseun Christo van Zyl (42) het tydens sy toespraak aan Nellie gesê wat ‘n voorreg dit vir almal, oud en jonk, was om hierdie verjaarsdag met haar te kon deel.

“My ma is nog baie gesond en loop sonder ‘n loopring, maar haar sig en gehoor is nie meer wat dit was nie,” sê haar dogter, Dina Rykaart (53).

Nellie woon al langer as 70 jaar in Springs, en woon tans by haar oudste dogter, Johanna ‘Baby’ de Jager (79), in.

Sy het in 1934 met Christoffel van Zyl getrou in Vrede in die Vrystaat.

Uit hierdie huwelik is Boet van Zyl wat intussen oorlede is, Baby, Tom van Zyl (68) en Dina gebore.

Christoffel is in 1972 oorlede en Nellie het in 1974 met Hendrik Graaff getrou en vier dogters, Elmarie Putter, Mariaan van Achterbergh, Christine (wat oorlede is) en Laetitia Boonzaaier, is later uit dié huwelik gebore.

Tans spog Nellie met 14 kleinkinders, 18 agterkleinkinders en twee agter-agterkleinkinders.

Sy is dankbaar teenoor God vir haar lang lewe, geniet dit om steeds te brei en voel nie ‘n dag ouer as toe sy 50 jaar oud geword het nie.

Almal was dit eens dat Nellie vandag nog vir hulle ‘n goeie voorbeeld stel met haar geloof.

Nellie was altyd baie lief vir naaldwerk, bak, tuinmaak en onthaal, maar het ‘n groot passie gehad om minder bevoorregtes te help.

“My ma se lewens motto is om ander met respek te behandel, om hard te werk om jou doel te bereik en minder bevoorregte mense te help,” sê Dina.

Nellie se kinders glo dat sy steeds geseënd is, omdat sy nog altyd daar was vir al haar kinders en kleinkinders.

“As ek sien hoe moeilik my kinders van die stoel af opstaan sê ek gou, nee wat spring op,” lag Nellie.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button