Local newsNews

Springs se diamant paartjie

Die egpaar het hul huweliksherdenking stil-stil gevier, maar was baie verras toe hul dogter, Annatjie Frost (53), vir hulle spesiaal 'n vrugte koek gebak het met 'n foto van die egpaar daarop.

Louis Brink (80) en sy vrou Malie Brink (79) het onlangs hul 60ste oftewel diamant huweliksherdenking gevier.

Louis en Malie se verhaal het begin toe hy gereeld sy suster by die destydse meisieskool in Zeerust op- en afgelaai het.

Malie vertel sy het saam met Louis gaan fliek en hulle het mekaar ‘n paar keer intussen gesien, maar sy het niks verder daarvan gedink nie.

Dit was eers nadat sy ‘n brief, wat Louis aan haar ouers geskryf het, ontvang het en boonop ’n verloofring in die koevert gesien het, dat Malie se hart vir haar toekomstige man begin bokspring het.

Op daardie stadium het Louis, wat ‘n Suid-Afrikaanse Spoorweë werker was, weggewerk en besluit om eerder ‘n brief aan haar ouers te skryf.

“Hy was onder die indruk dat ek by my ouers se huis was,” sê Malie.

Louis sê hy het nooit ouers gevra in die brief nie, maar het genoem dat hy en Malie gaan trou. “Toe besluit ek sommer om die verloofring saam met die brief te stuur,” spog hy. Hy onthou dat hy baie bly was toe hy Malie se telegram ontvang het wat sê dit is reg hulle kan maar trou.

Kort voor lank is die twee destydse Kapenaars op 29 Oktober 1955 vanuit die NG Kerk George-Suid getroud.

Hulle het 39 jaar gelede besluit om na Springs saam met hul vier kinders Engela Swiegers (oorlede), Annatjie Croucamp en die tweeling Martie Frost en Louis Brink (Louis is oorlede), te verhuis.

Louis sê Malie kan baie lekker kosmaak en dat hy homself besig hou met sy groentetuin.

Hul wenresep vir die 60 jaar saam is geduld en harde werk.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button