Ester se stokperdjies

Ester van der Westhuizen (45) is 'n vrou met 'n passie vir sagte speelgoed en enige soort pop.

Sy noem haar huis Ester se Wonderland en hierdie Geduld inwoner is geweldig trots op haar versameling van bykans 2 000 teddiebere en omtrent 200 porseleinpoppe.

Die res van die porselein en gewone poppe het Ester nog nie eers getel nie.

Sy het omtrent 10 jaar gelede die belangstelling ontwikkel en noudat die gogga haar behoorlik gebyt het, kan sy nie ophou versamel nie.

Johan van der Westhuizen (38), Ester se man, ondersteun haar stokperdjie en het onlangs vir haar ‘n groot wit en rooi teddie gekoop.

Die oudste porseleinpop en die baba porseleinpop, Makyla, wat sy twee jaar gelede spesiaal vir haar laat maak het, is Ester se gunstelinge.

“Hierdie babapop weeg 3.2kg en ek lief dit om haar babaklere om te ruil,” sê Ester.

Ester speel lekker pop en sy geniet dit om die poppe en sagte speelgoed te was. Sy vertel dat sy die versameling stuk-stuk was, wat haar omtrent twee dae neem om te doen en sy verklee ook boonop gereeld al die poppe.

Die stokperdjie bring vir Ester groot plesier en sy word baie hartseer as sy in die straat loop en ‘n teddie of pop daar sien lê.

“Ek sal hulle huistoe neem en mooi skoon maak, selfs heelmaak, indien hulle dalk stukkend is,” sê sy.

Saam met hierdie stokperdjie het Ester nog 11 Tarantula spinnekoppe en ‘n Leopard gecko wat sy aanhou.

“Ek hou van snaakse goed,” spog sy.

Die twee stokperdjies hou haar redelik besig en sy verkies om eerder tuis te bly as om rond te kuier.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

 

Exit mobile version