Ringbalspelers haal SA spanne

Ringbalspelers van die Ekurhuleni Oos Ringbalspan het besonder goed gevaar by die Nasionale Ringbal Kampioenskappe wat onlangs in Margate gehou is.

Die o-11A dogters span en die dames A-span het aan die ‘bottom’ liga deelgeneem en beide spanne het met goue medaljes weggestap, terwyl die o-13A dogters span in die top liga met ’n tweede plek tevrede moes wees.

Die veteraanspanne het net so goed gevaar en die dames A-span het ’n tweede plek verower, terwyl die mans A-span in die eerste plek geeindig het. Clinton Hiepner is gekies as die skeidsregter van dié toernooi.

Die Gauteng Ringbal Federasie se dogters o-17 span het as wenners uit die Super Liga getree.

Die plaaslike Welgedacht Ringbal Klub spog met 23 spelers wat hul SA kleure ontvang het tydens die toernooi en verkies is tot die SA en SA uitnodigingsspanne, hulle is:

Hierdie spelers sal hul onderskeie spanne verteenwoordig by vertoon wedstryde wat op 24 Oktober in Middelburg, Mpumalanga gespeel word.

Daarna sal die spanne op 7 November in Kemptonpark speel waarna die toerspanne gekies sal word wat teen spanne van Mauritius, Namibië en Indië sal meeding in Namibië in Desember.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Exit mobile version