Local newsNews

Voedingskemas benodig hulp

Die Laerskool PAM Brink voedingskema is 'n noodsaaklikheid vir vele van die minderbevoorregte kinders wat daagliks nut het daarvan.

Die voedingskema se administrateur, Kate Beukes (37), sê die prioriteit van die skema is die kinders.

“Kinders moet elke dag ‘n voedsame maaltyd geniet en daarom is ons hier om te sorg dat dit gebeur,” sê sy.

Die Gauteng Departement van Onderwys skenk maandeliks kool, botterskorsies, vrugte, mieliemeel, rys, stampmielies en of soja.

Die skenkings van die groente is seisoenaal.

Kate sê soms ontvang hulle ook boontjies of ander groente wat in siesoen is van die department.

Met hierdie groente tot hul beskikking moet Kate en Sanette Joubert (54), haar helper, vir die kinders voedsame maaltye opdis.

“Ons probeer ons bes,” sê Sanette, wat al vir 33 jaar betrokke is by die voedingskema.

Elke Donderdag kook Sanette vir die kinders.

Die skenking kom uit haar sak en sy doen dit met liefde.

Sy sê daar is alreeds ‘n paar besighede wat hul hand diep in hul sak steek met donasies, maar dit is nie genoeg nie.

“Om die kinders te help, sodat hulle beter kan konsentreer by die skool, het ons genoegsame gebalanseerde voedel nodig,” sê Sanette.

Een dame skenk 180 vetkoeke een keer per week, terwyl iemand anders brood, rooi vleis of hoender skenk.

Volgens Sanette maak dit nie saak wat hulle ontvang nie, maar sy en Kate probeer altyd om vir die kinders ‘n gebalanseerde maaltyd voor te berei.

Henry Harber, van Wild Wild Guardians, was verras om te sien wat Kate en Sanette vermag met die bietjie wat hulle ontvang.

“Dit is tyd dat die gemeenskap betrokke raak by skole voedinsgkemas deur klere en kos skenkings, want dit raak al hoe moeiliker om genoeg skenkings te kry om sodoende hierdie kinders te voed,” sê Henry.

Hy glo elke kind weet presies wie die minder bevoorregte kind in hul klas is.

“Indien ouers ‘n ekstra kosblik pak vir ‘n minder bevoorregte sal dit alreeds van groot hulp sal wees,” sê hy.

Die kos wat Sanette en Kate ontvang is net genoeg vir elke dag se behoeftes.

“Daar is nie genoeg kos oor om in voorraad te hou nie, daarom is dit noodsaaklik dat die gemeenskap betrokke raak deur ekstra skenkings te gee,” sê Henry.

Vir meer inligting, kontak vir Kate by 076 071 0817, of Sanette by 073 266 3322.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Related Articles

Back to top button