Pienk vir die vrou van vandag

Oktober is Borskankermaand en die dames van die Carpe Diem VLU-tak het besluit om almal pienk aan te trek.

Dit het gesorg vir die tema van hierdie maand se vergadering: Vrou van Vandag.

Die rustige tog intieme middag was gevul met sagtheid, met die teenwoordigheid van al die VLU dames.

Die gasspreker Joy Hendrikz het vertel wat ‘n intergrale rol die vrou in God se wêreld vertolk.

Sy glo dat babas gebore word sodat hul ouers of versorgers saam met hulle kan groei.

Sy sê daar is genoeg vrouens wat ”tough” is, maar dat die wêreld meer ”tender” vrouens soek.

Met verwysings na vele bekende mense se wyse woorde, het Joy haar gesprek afgesluit met ‘n pragtige lied wat vir baie van die dames stof tot nadenke gegee het.

Die geleentheid is afgesluit met ‘n heerlike ligte middagete, soos net die VLU dames dit kan voorberei.

 

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Exit mobile version