Local newsNews

Bewusmakingsdag vir kinder veiligheid

Die gemeenskap word uitgenooi na die Bewusmakingdag wat Saterdag, 19 September, by Laerskool Rynfield van 9vm tot 1nm gehou word.

Die doel van die dag is om die gemeenskap bewus te maak van kinderveiligheid en die onwettige handel in kinders wat al meer in die kollig geplaas word.

Sanet van Moerkerken, projekbestuurder van die Springs en KwaThema Kinderwelsynsorganisasie, sê dit is belangrik dat die gemeenskap toegerus word om hulle kinders te beveilig.

By die Bewusmakingsdag sal elke kind ’n identiteitskaart met ’n vingeafdruk en foto ontvang.

’n Haarmonster sal ook geneem word wat dan ingehandig word, sodat dit gebruik kan word sodra ’n kind as vermis aangegee word. Sanet sê dit sal hulle en die polisie se taak aansienliker vergemaklik.

Gripp Produksies, ’n film vervaardigingsmaatskappy, sal ook opelug oudisies hou vir ’n film wat oor die werklike gebeure aan die Oosrand handel.

“Dit is fiksie-verhale oor werklike gevalle van kinderhandel en kinders wat vermis word,” verduidelik Sanet.

Kinders van alle ouderdomme wat belangstel, is welkom om die oudisies by te woon.

Daar sal vele interessante stalletjies wees om van te kies en te keur.

Die SAPD honde eenheid sal ook ’n hondevertoning aanbied.

Die Bewusmakingsdag word moontlik gemaak deur Jath van der Walt in samewerking met Laerskool Rynfield.

Om ’n stalletjie te bespreek e-pos Chantel le Grange by chantellg15@gmail.com

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button