Local newsNews

Toneel uit 70×7 in Springs geskiet

Bekende akteurs en aktrises het Springs Vrydag besoek vir die verfilming van ’n toneel uit die nuwe 70x7 rolprent.

Die naam en die motief van die rolprent is ’n Bybelse term vir vergifnis.

Die toneel het afgespeel by Legato Coffee, ’n koffiewinkel in Selection Park.

Regisseur Willie Olwage vertel alhoewel dit die laaste dag van verfilming is, is die toneel wat geskiet word nie die finale toneel in die rolprent nie.

Oud-Springs inwoner, Angelique Gerber, van 7de Laan en Boer Soek ’n Vrou faam vertolk die hoofrol.

Nog twee bekende akteurs, Yutamé Venter van die Villa Rosa sepie en Johan ‘JC’ Snooke van die gewilde Getroud met Rugby reeks, is ook deel van dié rolprent.

In 70×7 verloor Angelique se karakter haar kind in ’n motorongeluk wat haar in ’n diep depressie laat.

As Angelique se vriendin probeer Yutamé alles in haar vermoë om haar vriendin uit hierdie depressie te kry sowel as om ’n romanse tussen haar en JC se karakter aan te moedig.

Min weet Yutamé se karakter dat JC eintlik vir haár ogies maak.

Die temalied, Vergewe My, kom uit die pen van die bekende Afrikaanse sanger Gerhard Steyn.

Steyn het Vergewe My spesiaal vir 70×7 geskryf.

Elisbe Serfontein, eienares van Legato Coffee, sê die rolprent vervaardigers het haar ’n geruime tyd terug gekontak om haar winkel te gebruik vir die skiet van ’n toneel vir 70×7.

“Dit is ’n baie lekker gevoel en groot voorreg om my winkel beskikbaar te kon stel vir die verfilming,” sê Elisbe.

Related Articles

Back to top button