Local newsNews

Projek vir minderbevoorregte matrikulante geloods

’n Fondsinsameling funksie is Vrydagaand by die Springs Rugbyklub gehou vir die 2015 Matriek Afskeid Projek.

Dié projek, wat vanjaar by Hoërskool Hugenote geloods is, help minderbevoorregte matrikulante om hulle matriek afskeid by te woon.

Leonie Cronje, wie die projek van stapel gestuur het, verduidelik dat dit belangrik is dat elke matrikulant hul skoolloopbaan kan afsluit deur die matriek afskeid by te woon.

“Ongelukkig word sommige van ons matrikulante deur finansiële redes weerhou om die grootste aand in die lewe van enige skoolverlater by te woon,” sê Leonie.

Sy het Karin Koekemoer, ’n onderwyseres by Hoërskool Hugenote genader en hulle het oor hierdie idee begin gesels en besluit om matrikulante te help.

Borge in die vorm van aandrokke, naels, grimering en hare het ingestroom, asook die ope hart van ’n plaaslike aand- en trourok verhuringswinkel wat die seuns se pakke geborg het.

“Met die aantal rokke wat ontvang is, kon die projek ook vanjaar dogters in Hoërskool John Vorster in Nigel en so ver as Kriel help,” vertel sy.

Related Articles

Back to top button