Local newsNews

Richard sing met passie

Richard Swart, ’n 17-jarige seun van Daggafontein, was in sy noppies na sy onlangse besoek aan die Rus ’n Bietjie Ouetehuis.

Richard, ’n leerling aan die Morgenzon Landbou Akademie, het ’n groot stap geneem om daar te gaan optree en glo hy kan ’n verskil maak waar daar ’n groot sosiale probleem is.

Hy sê van hierdie inwoners word nie besoek deur hul familie nie en is vasgevang in ’n wêreld van eensaamheid. Richard glo vas dat geen mens sonder liefde kan lewe nie.

Hy het in elke saal by die ouetehuis gesing en inwoners het met bewondering na hom geluister.

Sy ma, Tertia Swart, was stomgeslaan oor die natuurlike manier waarmee haar skaam tog spontane seun opgetree het.

Hy het nog altyd baie gehou van sing, maar tydens hierdie optrede het sy agtergekom haar seun het ’n unieke aanvoeling vir sy medemens.

“Ek was stomgeslaan met hoe vinnig sy senuagtigheid plek gemaak het vir ’n selfversekerde jongman wat met opregtheid sing,” sê Tertia.

Volgens sy ma het Richard ’n passie om te sing en om ’n verskil te maak, want hy glo wat jy ookal vir jou medemens doen moet jy doen sonder om iets terug te verwag.

Suster Irma Ruditis van Rus ’n Bietjie wonder of Richard besef watter aanvoeling hy het teenoor ou mense.

“Sy optrede was uitstekend en hy het die oumense bewoë gehad met sommige van die liedjies wat hy gesing het,” sê sy.

Richard se raad aan jongmense is om vir hul ouers dinge te doen maak nie saak wat nie, want hy het tydens sy optrede besef hoeveel sy ouers vir hom beteken.

“Dit was ’n lekker, alhoewel vreemde ervaring, maar dit het my weereens laat besef hoe belangrik my ouers vir my is,” sê Richard.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Related Articles

Back to top button