Tienerdepressie het ernstige gevolge

Tienerdepressie is ’n ernstige probleem wat tieners se lewe radikaal kan verander.

Dit is nie bloot slegte buie, tiener rebellie of nou en dan se swartgalligheid nie, depressie kan lei tot dwelm- en drankmisbruik, swangerskap, geweld, selfhaat en selfmoord.

Besorgde ouers, onderwysers of vriende kan egter op verskeie maniere van hulp wees.

Deur te praat oor die probleem en ondersteuning te bied, kan baie beteken vir en help om ’n tiener wat aan depressie lei, weer op koers te kry.

Volgens Naazia Ismail, projek bestuurder van The South African Depression and Anxiety Group (Sadag), is dit belangrik om tienerdepressie te verstaan.

Daar is net soveel wanvoorstellings oor die onderwerp as wat daar misverstande oor tieners is.

Tieners se slegte buie en gedrag nou-en-dan is te verwagte, maar depressie is heeltemal iets anders.

Naazia sê dit is onseker of die voorkoms van tienerdepressie aan die toeneem is, maar dit bly meer verspreid as wat mens besef.

Tieners maak staat op hul ouers, onderwysers en ander versorgers om raak te sien wanneer hulle sukkel.

Tekens en simptome

n Hartseer of hopeloosheid

n Geïrriteerdheid, woede of vyandigheid

n Tranerigheid of gereeld huilerig

n Onttrekking van vriende en familie

n Gebrek aan belangstelling

n Verandering in eet- en slaapgewoontes

n Rusteloosheid

n Gebrek aan entoesiasme en motivering

n Gevoelens van waardeloosheid en skuld

n Moegheid of gebrek aan energie

n Sukkel om te konsentreer

n Gedagtes oor dood of selfmoord.

Indien onsekerheid ontstaan of ’n tiener depressief is, neem in ag hoe lank die simptome al teenwoordig is en hoe ernstig hulle is.

Gevolge

n Depressie kan lae energie en konsentrasievlakke by die skool tot gevolg hê, asook swak bywoning en prestasie op skool.

n Depressiewe tieners loop weg van die huis af of praat gereeld daaroor. Dit is meestal ’n hulpkreet.

n Om hul gemoed te verlig, kan tieners alkohol of dwelms gebruik.

n ’n Lae selfbeeld.

n Tieners kan betrokke raak in gevaarlike en hoë risiko gedrag, soos roekelose bestuur, buite beheer drink en onveilige seks beoefen.

n Dit is gewoonlik seuns wat slagoffers is van boelies, wat geweldadig raak.

Naazia glo dit is belangrik om ’n depressiewe tiener aan te moedig om hul hart oop te maak.

“Stel dit duidelik dat jy bereid is om enige ondersteuning te bied wat die tiener mag benodig,” sê Naazia.

n Wees sagkens, maar aanhoudend. Dit is belangrik dat tieners weet daar is iemand wat vir hulle omgee.

n Luister sonder om te preek. Weerstaan die versoeking om te kritiseer of te oordeel en moenie ongevraagde advies aan bied of ultimatums stel nie.

n Bekragtig gevoelens. Om die tiener uit hul depressie te probeer praat gaan nie help nie, erken eerder die hartseer en pyn wat hulle ervaar.

n Wees vol begrip en onthou dat die tiener nie opsetlik moeilik is nie.

n Moedig hulle aan om aktief te bly, want oefening help om die simptome van depressie te verlig.

n Moedig sosiale betrokkenheid aan. Afsondering vererger depressie.

n Maak seker dat hulle alle terapie sessies bywoon en voorgeskrewe medikasie korrek neem.

Naazia sê daar is depressiebehandeling vir tieners.

Sadag is sewe dae ’n week beskikbaar vanaf 8vm tot 8nm by 0800 21 22 23.
Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Exit mobile version