Oud-burgermeester oorlede

Dawid Botes, ’n oud-burgermeester van Springs, is Sondag op die ouderdom van 76 jaar oorlede.

Dawid, ’n Dersley inwoner, is na ’n kort siekbed in die Netcare Umhlanga Hospitaal oorlede.

Sy dogter Rindie Swanepoel vertel dat haar ouers se vliegkaartjies vanaf Durban reeds bespreek was en dat haar pa en ma, Baile Botes (66), vandag sou terug gekeer het na Springs.

Dawid was ook ’n oud-onderwyser van Olympia Park Skool, voorheen bekend as Uitkoms Skool, en ’n prominente sakeman in die dorp.

Dawid is in Roodepoort op 1 Januarie,1939, gebore en het sy skoolloopbaan voltooi aan Hoërskool Swartruggens.

Hy het in 1961 na Springs verhuis en sy termyn as burgermeester voltooi vanaf 1988 tot 1989. Dawid het ook van 1977 tot 1989 op die stadsraad gedien.

Hy was tot en met sy afsterwe besig met verskeie bou projekte.

Dawid laat sy vrou Baile, sy nege kinders, Martie Cockcroft, Wilna Steinberg, Naomi du Toit, David Botes, Cassie Botes, Rindie, Renita Horn, Jolande Jonker, Maryke Smit en 26 kleinkinders na.

Die begrafnis vind Saterdag plaas by die Hervormde Kerk Springs-Noord in Rowhill om 10vm.

Exit mobile version