Local newsNews

Gelukkige kindervoete

Daar was ’n groot gejuig en gebaljaar toe kinders van Projek Uitkoms op Vrydag hul nuwe swart tekkies aangepas het.

Marsha Horn, Projek Uitkoms se stigter, en haar helpers versprei gereeld kos aan die bykans 150 kinders.

Die tekkies is ’n donasie van die Springs Rotary Anns.

Marsha stap al ’n lang pad saam Anns en die Springs Park Rotary Klub en waardeer hul ondersteuning geweldig baie.

“Die kinders is dankbaar dat hulle ’n nuwe paar skoene gekry het,” vertel Marsha.

Sy sê die meeste van die kinders waarby Projek Uitkoms betrokke is, kom uit behoeftige huise en ’n nuwe paar skoene is vir hulle hemels.

Marsha sal sorg dat die res van die kinders wat nie Vrydag teenwoordig was nie, ook hul nuwe paar tekkies kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button