Local newsNews

Komberse vir die koue

Twee jongmanne van Selection Park het Saterdag, 25 Julie, donasies van komberse en sop aan Presidentia inwoners oorhandig.

Werner Terblans en Tommy Goodrich verteenwoordig ’n besigheid in Bryanston wat hulle deel wou doen aan die Oos-Rand.

Die inwoners het elk ’n kombers en ’n houer met sop ontvang.

Petra Verwey, opsigteres van Presidentia, sê elke inwoner moes langs hul name teken as erknenning van ontvangs.

Sy verduidelik dat dit vir haar maklik is om só beheer uit te oefen en te sien wie het hul donasie ontvang en wie nie.

“Daar is ’n paar brose ou mense wat hier woon en nie tot hier kan loop nie, dus sal ek sorg dat hulle pakkies afgelewer word,” sê sy.

Werner is beindruk dat Petra die aflewering goed organiseer het.

“Alles het goed afgeloop,” sê hy.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button