Local newsNews

Snoei gee plante nuwe lewe

Lente beteken nuwe lewe en dit is dié tyd van die jaar wat die snoeiskêre uitgehaal moet word.

Die snoeiproses help om ’n boom of plant op hul beste te vertoon en bevorder die boom of plant se gesondheid.

Sekere bome en veral roosbome moet gesnoei word om nuwe blomme of vrugte te kan voortbring.

Estelle Cotty, ’n plaaslike kwekery bestuurder, glo dit is beter om ’n boom te snoei terwyl dit nog jonk is.

Volgens Estelle kan stomp gereedskap, takke kneus en skeur en sodoende infeksies veroorsaak.

Nuttige snoeiwenke:

  • Gebruik goeie gehalte gereedskap.
  • Maak snoeiskêre deeglik skoon na elke gebruik.
  • Slyp die gereedskap gereeld.
  • Dunner takkies of struike kan met ’n gewone snoeiskêr gesnoei word.
  • Gebruik ’n langsteel-snoeiskêr vir takke wat moeilik bereikbaar is.
  • Snoei altyd die dooie takke weg.
  • Seël elke snit met ’n seëlmiddel om vinnige herstel te verseker en die plant teen insekte te beskerm.
  • Snoei die middel van die bos oop vir maksimum lug sirkulasie.
  • Die snoeisnit moet 45° bokant die dominante ogie wees. Die oog is teenwoordig waar ’n ligte swelling bokant die oppervlak van die stingel is. Indien die plant nie blare het nie, vind die dominante ogie deur vas te stel waar die blare voorheen teenwoordig was.
  • Kies die ogie buite die stok en stroop die kant af.
  • Die teenwoordigheid van blare maak dit maklik om die snyplek te sien.

Related Articles

Back to top button