Local newsNews

Anél se merkwaardige storie

2015 Miss Commonwealth Suid-Afrika (CWSA) finalis Anél van Niekerk (31) is ’n merkwaardige jong vrou wat leukemie geklop het.

Anél het in 2002 gematrikuleer aan Hoërkool Dr Johan Jurgens waarna sy aptekerswese by die Universiteit van Pretoria gaan studeer het. As een van die top studente het sy reeds in haar eerste jaar ’n uitnodiging van Golden Key ontvang en later in 2008 haar meestersgraad in aptekerwese voltooi.

Anél het egter ’n kroniese moegheid ondervind, wat haar ma Cenett van Niekerk, toegeskryf het aan lang werksure en te min slaap. Omdat die moegheid vererger het, is Anel in 2012 dokter toe waar sy met akute myeloïde leukemie gediagnoseer is.

’n Bewoë Cenett vertel hoe sy haar kind omhels en gesê het dit gaan ok wees. “Dit was vir die hele gesin, maar veral vir Anél ’n groot skok,” vertel Cenett. Geloof en hoop het die gesin gedra en na die derde rondte van chemoterapie is die kanker van 70% na 23% afgedruk. Ten spyte van dié behandeling het dokters ’n beenmurg oorplanting aanbeveel.

Anél se broer, Nian van Niekerk (29), het sy beenmurg geskenk maar ongelukkig het Anél, Graft Versus Host ontwikkel. “Dit is wanneer die ontvanger se liggaam teen die vreemde beenmurg rebelleer,” verduidelik Cenett. Anél se DNA is nou manlik en 100% dieselfde as Nian s’n.

Anél werk weer voltyds sedert Januarie 2014 en neem tans sanglesse en ballet klasse. Cenett sê haar dogter het weer ’n lewenslus ontwikkel.

In Februarie is Anél gekies as een van die 15 CWSA finaliste.

Om vir Anél te stem, SMS Anel na 35554.

Related Articles

Back to top button