Local newsNews

Rus in vrede Nonnie

Nonnie Ras (née de Lange), ’n voormalige Addie werknemer, is onlangs na ’n kort siekbed oorlede.

Sy is gebore op 28 Oktober 1930.

Dié toegewyde ma van agt het vir 43 jaar seker gemaak dat elke uitgawe van die destydse Springs en Brakpan Adverteerder betyds gebind en gereed was vir verspreiding.

As ’n voorbeeldige en trots gelowige vrou, het Nonnie haar kinders groot gemaak met die regte normes en waardes.

Nonnie se skoonseun, Wikus Hattingh (58), beskryf haar as ’n uitstekende moeder vir haar kinders en vrou vir haar man, Hennie Ras.

Sy was ook geken vir haar goedhartigheid en vrygewigheid.

Nonnie laat haar man Hennie, drie seuns Schalk de Lange, Eddie de Lange en Alex de Lange, twee dogters Ria Hattingh en Jane Beukes en 12 kleinkinders na.

Die familie is wyd verspreid en is nie seker hoeveel agterkleinkinders daar is nie.

Haar verassingsdiens het Vrydag by die Pinkster Herlewingsentrum in Petersfield plaasgevind.

Related Articles

Back to top button