Weerlose kinders dien ook

Al ooit gewonder hoe spandeer weeskinders Mandela Dag? Dan is hierdie berig ’n moet lees.

Besighede en organisasies spring in om ‘n verskil te maak vir 67 minute, maar vir hierdie wesies is dit net ‘n gewone dag.

Sekretaresse van Chance Kinderhuis, Magda Reed, sê ten spyte van die organisasies wat hulle besoek om 67 minute se verskil te maak, gaan die kinderhuis se personeel ook die kinders bederf.

Die kinders gaan ’n spesiale ete ontvang wat frikkadelle, pampoen, groenbone, kapokaartappels en nagereg insluit.

Magda hou die nagereg nog ’n geheim, maar weet dat die kinders baie daarna uitsien.

Die hoogtepunt van die dag gaan die middag vertoning van die ‘Mandela Long Walk to Freedom’ rolprent wees.

Gemeenskapslede gaan na middagete die storie van Mandela se bydrae tot kinders vertel en alhoewel die kinders weet dat Mandela ’n held was en wat die 67 minute beteken, sien hulle daarna uit om die dag met besoekers deur te bring. “Hierdie kinders soek liefde en nogmaals liefde,” sê Magda.

Marlene Minnie, stigter van Potters Haven stem saam met Magda.

Omdat hierdie kleipotte dwarsdeur die jaar meer as hul 67 minute gee, verwag hulle nie veel op Mandela Dag nie.

Dit is asof daar egter ’n vuur brand in hulle oë as hulle hoor dat hulle ’n verskil kan maak, ongeag hoe of wanneer.

Volgens Marlene kan die gemeenskap by hierdie kinders leer om nie net vir 67 minute op Mandela Dag nie, maar elke dag, almal lief te hê.

Exit mobile version