Local newsNews

Chantelle se nuwe uitdaging

Chantelle Coetzee (18) is 'n jong dame wat haar nie sommer laat onderkry nie.

Met slegs 30 persent sig, en vervorming van die oogbal wat dubbel visie veroorsak sowel as haar bysiende te maak, is sy nogsteeds ‘n borrelende tiener

Op skool het almal gedink dat sy ‘n leer probleem gehad het, totdat sy by Olympia Skool opgedaag het..

Daar het die hoof, Frans Gildenhuys, gou agtergekom dat Chantelle se frustrasie inderdaad iets met haar sig te doen het.

Met sy hulp is sy na ‘n oogarts geneem, wat vasgestel het dat sy slegs 30 persent sig het.

Sy het ‘n spesiale bril tydens die besoek ontvang.

In 2013 het haar ouers na Brakpan verhuis en moes sy noodgedwonge na Felicitas Skool gaan.

As swaksiende tiener het sy nogtans uitgeblink op die sport veld.

Chantelle het vele trofees en medaljes ontvang, en was ook die skool se victrix ludorum.

Nadat sy in 2014 matriek geskryf het, was sy nie seker watter loopbaan om te volg nie.

“Ek sal graag verder in atletiek wil presteer, sodat my droom om aan die Paralimpiese Spele deel te neem kan waar word,” sê sy.

Intussen het die hoof van Felicitas Skool, Dibon Chamberlan, haar verras met ‘n onderhoud by ‘n instansie in Pretoria.

Tydens die besoek is Chantelle meegedeel dat sy binnekort opgelei gaan word as hulp vir onderwysers by Felicitas Skool.

Alhoewel die geleentheid soos ‘n onwerklikheid voel, kan skaars haar opgewondenheid wegsteek

Hierdie nederige, tog borrelende, tiener het nooit so iets verwag het nie.

Sy belowe egter om net haar beste te gee wanneer sy in Julie met haar opleiding by die skool begin.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Related Articles

Back to top button