Gidshonde kry skenking van VLU

Die VLU se Carpe Diem-tak het Woensdag (10 Junie), 'n donasie aan die Suid-Afrikaanse Gidshonde Vereniging (SAGV) gemaak.

Die donasie is ‘n gesamentlike skenking van die VLU en AGS Lofoord in Strubenvale.

Louise Notnagel het die donasie aan Pieter van Niekerk, takbestuurder van die (SAGV), oorhandig.

Hy was vergesel deur sy gidshond, O’Reilly, a Golden Retriever, en Hazel Newington, met nog ‘n gidshond-in-opleiding, Gareth, ‘n kruis tussen ‘n Labrador en ‘n poedel, en Rose Chamberlain.

Pieter is totaal blind en hy het aan die VLU dames verduidelik hoekom gidshonde so belangrik is, aangesien O’Reilly sy oë is.

Hy het ook verduidelik dat daar ‘n wanpersepsie is oor die koste daaraan verbonde om gidshonde te bekom.

Elke bydrae wat hulle ontvang word aangewend vir die opleiding van hierdie diere.

“Ons wil ‘n groot dankie sê vir die liefde wat ons ontvang het, dit gee ons ‘n warm gevoel in ons harte,” het Pieter gesê.

 

Exit mobile version