Local newsNews

Bianca hoop jy kan dans

Bianca Burger (29) het gevra vir net drie digbundels, maar nou is die vierde een al oppad.

Dit is nadat sy verlede jaar haar derde bundel, Dan… Hoop ek jy kan Dans, voltooi het.

In 2012, toe die Addie oor haar eerste digbundel, As Drome Spore Reën, geskryf het, het sy so baie gedigte geskryf dat sy geweet het daar sal ‘n tweede en ‘n derde bundel wees,

Sy het soveel gedigte vir die derde boek geskryf dat sy in ‘n sielewroeging was oor nog ‘n bundel.

Hierdie Strubenvale inwoner het in Julie verlede jaar tydens ‘n gesprek met God, ‘n duidelike boodskap ontvang.

Die woorde “daarom sal ek juig” was vir haar die teken dat sy haar gedigte gereed moes kry vir ‘n vierde bundel.

Sy het na ‘n plaaslike radiostasie se groen kompetisie haar hare groen gekleur en die kompetisie gewen.

Die kompetisie het vir haar innerlike krag gegee om tog haar gedigte in ‘n bundel te kon saamvat.

“Ek het besef dat ek met innerlike krag, met dit wat ek in my het, uiting kan gee aan wat ek so lank stil gehou het,” sê Bianca vertel.

Met genoeg gedigte oor het sy binne ‘n jaar haar volgende bundel, Die Note sal altyd Bly, met ‘n voet nota ”al raak die musiek stil”, gepubliseer.

Sedertdien het haar derde bundel, amper ‘n jaar na dit beplan is, ‘n werklikheid geword, na ‘n wrede aanval in Julie verlede jaar op ‘n strand.

Bianca is ook lief vir skilder, naaldwerk, skryf, teken en fotografie, maar kry haar inspirasie vir dig uit alledaagse gebeure.

Sy is baie dankbaar vir haar man, André Burger, wat haar ondersteun het met die finansies vir haar derde bundel.

Haar raad aan aspirant digters is: ”Los jou drome in die wind, dat dit kan vlerke kry en leer om te vlieg.”

Related Articles

Back to top button