Local newsNews

Tandheelkunde vereis vyf jaar se studie

Tandartse kan omtrent alles doen wat tandheelkunde behels.

Dr Tobie de Villiers deel sy liefde vir tandheelkunde met die wat belangstel om dit as beroep te kies.

Om die beroep te volg is fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, wiskunde en Engels ‘n vereiste.

Hy het in Stellenbosch studeer, maar die Universiteite van Kaapstad, die Witwatersrand asook Pretoria bied ook die studierigting aan.

Klasgelde vir ‘n enkele studiejaar beloop tussen R35 000 en R40 000, wat nie koshuisgelde, boekgelde en sakgeld insluit nie.

Dit is ‘n vyf jaar kursus.

Elke tandarts se werksure verskil, ook Tobie s’n, omdat hy sy eie praktyk besit.

“As my hande nie besig bly nie, verdien ek nie ‘n inkomste nie,” skerts hy.

Sy werksdag begin om 7vm en eindig maklik eers 5nm.

Hy vertel tong in die kies dat die grootste manne so mak soos ‘n lammetjie is wanneer hulle in sy stoel sit.

Hy sĂȘ ‘n tandarts kan omtrent alles doen, van ortodonsie tot chirurgie, maar studente kan spesialiseer in ortodonsie, prosthodonsie, periodonsie en maxillo gesigschirurgie, wat ‘n verdere drie tot vier jaar se studie behels.

Ortodonsie behels die behandeling van onbehoorlike byt en skewe tande.

‘n Prosthodontis werk meer in tandheelkundige prostese.

Periodonsie is die voorkoming, diagnose en behandeling van mondsiektes en die plasing van tandheelkundige inplantings.

‘n Maxillo gesigschirurg spesialiseer in siektes en behandel beserings en defekte in die kop, nek, gesig en kakebeen.

Tandheelkundige studente sukkel glo nie om werk te kry nie, want daar is ‘n tekort aan medici.

Tobie beveel aan dat leerlinge hul naaste tandarts kontak om uit te vind wat presies tandheelkunde behels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button