Inwoners smul heerlik in Butler Park

Geduld se Helpende Hande het Saterdag, in Butler Park voorsiening gemaak vir 'n hele paar mense.

Sanet Joubert en Daleen Botha was die organiseerders van hierdie geleentheid vir die Paasnaweek.

Hulle het talle mense van kos voorsien en ook vir die kinders met lekkernye verras.

Die potjiekos wat vir die mense opgeskep is het bestaan uit 36kg hoender, vars groente, rys en pap.

Enigiemand was welkom by hierdie geleentheid en daar is seker gemaak dat elkeen ‘n bordtjie kos ontvang het.

Die kos is deur ‘n paar besighede op Springs geskenk en Sanet en die span sê hulle was verskriklik dankbaar vir al die hulp wat hulle van die besighede ontvang het.

Die geleentheid by Butler Park word elke drie maande gehou en Daleen vertel dat hulle verlede jaar minstens 750 mense gevoed het.

Die Global Family Church was ook betrokke en past Kobus Blomerus het die dag met gebed geopen.

Exit mobile version