Local newsNews

Vuilgoed raak net meer

Die reuk, rotte en plae vanaf hierdie gemorshoop is ondraaglik.

Die opening tussen huise in Geduld, gevul met hope en hope vuilgoed, is nog nie skoongemaak nie.

Inwoners van Tweedelaan het in November verlede jaar by die Advertiser gekla oor die vrot reuk wat altyd om hulle huise rondhang.

Dit kom van gemors ontwettige gelaat in die opening tussen die agterplase van hulle huise.

Dina de Jongh, een van die inwoners van Tweedelaan, Geduld sĂȘ niks het nog gebeur sedert die Addie by hulle was nie.

Die opening, slegs ‘n paar meter diep, is tussen hulle en hul bure van Derdelaan se agterste mure en raak voller by die dag en hulle weet nie wat om daaroor te doen nie.

Die reuk, rotte en plae vanaf hierdie gemorshoop is ondraaglik.

Daar is ‘n hek in Vierdestraat, wat Ekurhuleni metro verlede jaar belowe het gesluit gaan word, wat steeds oopstaan.

Ekurhuleni is op 18 Februarie oor die toestand ingelig, maar die Addie het tot nou nog geen antwoord ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button