Skenk bloed in Springs

Om bloed te skenk is 'n goeie manier om 'n ander se lewe te red sonder dat dit jou enigiets kos.

Springs se bloedskenksentrum lok vele van hierdie barmhartige mense wat die daaglikse bloed te kort help aanstoot.

Sister Juliana Visser, kliniek opsigter by Springs Suid-Afrikaanse Nationale Bloeddiens (SANBS), sê hulle mikpunt deur die week is om 21 skenkers daagliks te hê en op ‘n Donderdag, wat hulle langste dag is (10vm tot 8nm), mik hulle om 36 skenkers ‘n dag te hê.

“Ons het Saterdag teen 12nm al 28 skenkers gehad, ons doel op ‘n Saterdag is gewoonlik so 26,” sê sy.

Sister Juliana sê ook hulle mik na omtrent 560 skenkers ‘n maand.

“Party maande haal ons dit en ander maande haal ons dit weer nie, so dit wissel af en toe.”

Volgens sister Juliana, is daar altyd ‘n bloed tekort en kan daar nooit genoeg skenkers wees nie.

Die O-bloedgroep is die belangrikstes omdat hulle algemeen is.

O-negatief kan net O-negatief ontvang, maar hulle kan weer vir al die groepe skenk en hulle word genoem universiële skenkers.

O-positief kan net vir positiewe bloedgroepe geskenk word.

AB-positief is unversiële ontvangers, wat beteken hulle kan bloed ontvang van enige groep af.

Exit mobile version