Local newsNews

Papegaai se saad ontaard in nóg ‘n groot sonneblom

Die derde groot sonneblom die jaar het al kop uitgesteek.

Susan Stoop (53) van Strubenvale wys hoe haar sonneblom plant wat langer is as 2m met 40 blomme spog.

“Ons het net een dag, so maand terug, gesien hoe kom die sonneblom uit die grond uit en het net aanhou groei,” vertel Susan.

Susan sê haar papegaai wat buite staan se sade word deur die wind gewaai en sy reken een van hulle het tussen die kraak in die sement geval waar dit begin uitspruit het, sonder enige voeding of ekstra water.

Die sonneblom plant is reg langs Susan se wasgoeddraad en dit groei al so hoog dat dit die wasgoeddraad oorgeneem het.

“Gelukkig het ek ‘n ander draad wat ek kan gebruik,” sê sy laggend.

Sy sê ook dat sy nie van plan is om die plant te verwyder nie, maar dat sy dit eerder gebruik om vir haar papegaai te gee as die sade droog is.

Related Articles

Back to top button